0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (4)
  • R250 - R500 (2)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 10 of 10 matches in All Departments

Arboreta, Die Heks Met Die Groen Hare (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Arboreta, Die Heks Met Die Groen Hare (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R54 Discovery Miles 540 Ships in 4 - 8 working days

Die verskil tussen Arboreta en al die ander hekse in die wereld is dat sy nie 'n bose of nare heks is nie: Sy het nie moesies of ’n haakneus nie en vang ook nie kindertjies om in haar swart pot te kook later hulle beentjies af te suig nie. Sy wil veel eerder he dat kinders veilig en gelukkig in haar woud rondspeel. Arboreta is ’n gelukkige heks – maar daar is tog twee goed waaroor sy haar baie bekommer: Wie sal eendag die boomheks van die groot groen woud wees wanneer sy nie meer daar is nie? En wat sal gebeur as die houtkappers aanhou om so vreeslik baie bome af te kap, sonder om nuwes te plant? Miskien kan die groen dogtertjie wat op ’n dag die woud besoek, Arboreta help om die woud te red … maar hoe?

Blinde Sambok (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Blinde Sambok (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R173 R149 Discovery Miles 1 490 Save R24 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Gideonette onthou alles van die dag toe sy gebore is tot in die fynste besonderhede. Hoe almal gesê het hulle het nie hoop vir hierdie bondeltjie sprinkaanbene nie. En hoe sy besluit het sy WIL LEWE en hulle almal verkeerd bewys het. Dit is dan ook die eienskap wat haar deur haar kinderjare en grootwordjare kenmerk: haar veggees. Selfs wanneer rampe die gesin tref en die mense van die omgewing weer onder mekaar begin fluister van die vloek wat op die familie rus. Deur alles heen veg sy voort vir 'n beter lewe, en op die ou einde is die leser saam met haar bly wanneer dit duidelik word dat die lewe vorentoe vir haar gaan glimlag. 'n Buitengewone boek propvol lewe en vitaliteit.

ATKV-kinderboekprys vir 10-12 jaar (2003)

Stormkind (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Stormkind (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers 1
R325 R279 Discovery Miles 2 790 Save R46 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Jana is net drie jaar oud toe haar ma tydens ’n besoek aan Ierland spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou wat hom met haar fluitmusiek betower het. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, dieselfde wind wat ’n hele huis kan optel en anderkant die berge kan neersit. Maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri − ’n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net ’n velletjie om haar heupe en ’n wit stringetjie krale om haar nek. !X’uri kom uit ’n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.

Stormkind is ’n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans.

Nuwe Kinderverseboek (Afrikaans, Hardcover): Riana Scheepers Nuwe Kinderverseboek (Afrikaans, Hardcover)
Riana Scheepers
R435 R374 Discovery Miles 3 740 Save R61 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel bevat, soos die titel aandui, ’n versameling heeltemal nuwe en oorspronklike gedigte. Dit bou voort op die wonderlike tradisie van DJ Opperman se Kleuterverseboek en Klein Verseboek, en dek onderwerpe wat met die destydse bundels nog nie deel was van kinders se leefwêreld nie, soos rekenaars, selfone, e-pos, internet en sms.

Die 250 verse deur 100 bydraers sluit in bekende en nuwe skrywers soos Hennie Aucamp, François Bloemhof, Philip de Vos, Hans du Plessis, Franci Greyling, Jaco Jacobs, Lucas Malan en Fanie Viljoen.

Die bundel bestaan uit drie afdelings: kleuterverse (2 tot 4 jaar), kinderverse (5 tot 7 jaar) en amper-tieners (8 tot 10 jaar). Temas wat gedek word sluit in: gesin en familie, speelgoed en troeteldiere, diere en natuur, pret en humor, tegnologie en beroep, vriendskap en verhoudings, eetgewoontes en maniere, liggaam en gesondheid, fantasie en sprokies, gril en gruwel, sport en spel, aktuele kwessies en sosiale verantwoordelikheid. ’n Lys wat die gedigte per onderwerp aandui, verskyn agterin sodat die bundel ook geskik is vir skoolgebruik.

'n Engel in My Huis (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers 'n Engel in My Huis (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R61 Discovery Miles 610 Ships in 4 - 8 working days

Wat is dit dan met my dat ek alewig op soek is na 'n huis? So vra Riana Scheepers ook in een van die sketse van hierdie bundel. Oral waar sy reis - en dis beslis vele reise wat hierdie skrywer met passie onderneem, is sy ook alewig op soek na 'n huis wat sy kan koop, al is dit net met die oe. En dan stel sy voor hoe so 'n huis bewoon kan word, of dit nou 'n herehuis in Ierland is of 'n Karoohuisie in Loxton, 'n trappiesgewelhuis of 'n skuur naby Malmesbury. Of les bes, die liefste huis van almal - haar eenvoudige vissershuisie aan die Weskus, soos die mooi voorblad aandui. Vir Scheepers is huise die hulsels waarin en waaruit gelewe word, waar mense mekaar ontmoet, waar kosbaarhede versamel word, waar gul maaltye berei word, maar ook vanwaar paaie na ver plekke aangedurf kan word, vanwaar jy beweeg om ander te ontmoet.

My Voete Loop Na Wellington ... (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers My Voete Loop Na Wellington ... (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers 1
R63 R55 Discovery Miles 550 Save R8 (13%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie bundel opwindende sketse neem die veelbekroonde skrywer haar lesers op reis: na Pelgrimsrus; die vergete dorpie Eselbank in die Sederberge; Paternoster aan die Weskus en Namibie. Sy reis ook verder: na die Skotse Hooglande, Buenos Aires met sy polsende tango, klein Griekse dorpies wat wit en blou en pragtig is. Die reise is te voet, per trein, per vliegtuig en selfs per besemstok! Scheepers het die vermoe om met die intimiteit van haar gewaarwordinge en die sensualiteit van haar belewenisse die leser deel te maak van reise na onbereikbare, ver plekke. Die bundel is ’n keur uit sketse wat in Beeld, Die Volksblad, De Kat en Rooi Rose verskyn het.

Verlore Paradyse (Nuwe Uitgawe): Grade 10 - 12 (Afrikaans, Paperback): N. Snyman, R. Scheepers Verlore Paradyse (Nuwe Uitgawe): Grade 10 - 12 (Afrikaans, Paperback)
N. Snyman, R. Scheepers; Nico Snyman, Riana Scheepers
R167 R147 Discovery Miles 1 470 Save R20 (12%) Ships in 5 - 10 working days

Dit gebeur dikwels dat die mens verlang. Die verlange strek uit na die verlede of na wat ons graag wil he in die toekoms bewaarheid moet word. Miskien is dit die hunkering van die verlore paradys wat ons elkeen op sy eie manier probeer herskep. Die verhale in die bundel vind in 'n hoe mate aansluiting by hierdie algemeen menslike eienskap. Die hersiene uitgawe van Verlore Paradyse sluit 'n wye verskeidenheid outentieke kortverhale in: van stories oor aktuele tienerprobleme tot komiese sketse van alledaagse gebeurtenisse. 'n Diverse groep skrywers word ook in die bundel verteenwoordig. Bekende skrywers soos Elsabe Steenberg, Chris Barnard en Paul C Venter maak 'n terugkeer en word aangevul deur die nuwe stemme van Annami Simon, Myra Scheepers en Nicolette Thabo.

Saartjie Die Spinnekop Met Sewe Bene (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Saartjie Die Spinnekop Met Sewe Bene (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die idee vir hierdie pragtig geïllustreerde boek het gespruit uit die behoefte wat die skrywer gehad het om kennis aan kinders oor te dra oor wesens, soos insekte, wat hul omgewing deel. Hierdie prenteboek lei kinders se denke in 'n rigting oor hoe om hierdie klein wesens te respekteer.

Om die vrees vir spinnekoppe aan te spreek, het die skrywer hierdie avontuurstorie oor die oulike spinnekop met die naam Saartjie geskep. Die storie wys daarop dat sommige spinnekoppe onskadelik is en dat hulle, en baie ander kreatuurtjies in die natuur, nie die behandeling verdien wat mense hulle gee nie.

Stormkind (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Stormkind (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R708 Discovery Miles 7 080 Ships in 10 - 15 working days
Lisa Liefbesie se Sewe Verlore Kolle (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Lisa Liefbesie se Sewe Verlore Kolle (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R180 R135 Discovery Miles 1 350 Save R45 (25%) Pre-order

Ontmoet Lisa Liefbesie, 'n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die groot plaas waar sy woon. Maar op haar verjaarsdag gebeur iets skrikwekkends – haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos!

Volg Lisa op 'n opwindende avontuur terwyl sy soek vir haar kolle.

Ontmoet vriende soos Kollehond, Bessie die Frieskoei, en Takelane Tarentaal, wat almal probeer help om die raaisel op te los. Sal Lisa haar kolletjies vind voordat haar verjaarsdagpartytjie verby is?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bostik Glu Dots - Extra Strength (64…
R48 Discovery Miles 480
Wonder Plant Food Stix - Premium Plant…
R49 R41 Discovery Miles 410
Joseph Joseph Index Mini (Graphite)
R642 Discovery Miles 6 420
Ugreen Cat 6 UTP LAN Flat Cable (Black…
R51 Discovery Miles 510
The End, So Far
Slipknot CD R498 Discovery Miles 4 980
Beautiful Trauma
Pink CD  (3)
R133 Discovery Miles 1 330
Xbox One Replacement Case
 (8)
R55 Discovery Miles 550
Comfort Food From Your Slow Cooker - 100…
Sarah Flower Paperback R550 R455 Discovery Miles 4 550
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
LEGO 2K Drive - With Mclaren Toy
R1,299 R1,229 Discovery Miles 12 290

 

Partners